Die SA Vlaamperdtelersgenootskap het 'n suksesvolle beoordeelaarskursus gehou te Clanwilliam die 11de April 2018. Die teorie, deur Heinie Nieuwoudt, is in die saal gehou waar hulle ook eksamen afgelê het en die prakties, deur Hugo Visser, is buite gehou waar perde gebruik is om die rasstandaarde en skoureëls uit te beeld.